Eurlings moet z'n collega eens raadplegen

Ernst Debets edebets1 at EURONET.NL
Tue Dec 8 21:35:10 CET 2009


REPLY TO: D66 at nic.surfnet.nl

Bijgaand stukje uit SAKE24 over de manier waarop ze in Zuid Afrika een
kilometerheffing verzonnen hebben. Met name de controle (via nummerbord) en
incassomethode is interessant. Minder kans op schending privacy & Big
Brother taferelen


Ideetje voor Camiel Eurlings?

 

Ernst Debets/

Zaanstad

 

 

Dis hoe nuwe tolpaaie werk

 

Kaapstad. – Mnr. Sbu Ndebele, minister van vervoer, het Dinsdag aan die
parlement verduidelik hoe die nuwe elektroniese tolpad-stelsel gaan werk met
ál meer paaie wat in tolpaaie omskep gaan word. 

 

Hy het in ’n geskrewe antwoord aan ’n vraag van die DA gesê gebruikers sal
’n geleentheid gegee word om te registreer as ’n rekeninghouer vir die
tolplazas waar elektroniese tol-insameling gaan plaasvind.

 

Hy het gesê twee tipes rekeninge kan opgestel word, ’n voorafbetaal-rekening
en ’n gewaarborgde na-betalingsrekening. Die voorafbetaal-rekening beteken
dat ’n gebruiker nie ’n bankrekening benodig nie. 

 

“Dit werk op dieselfde beginsel as ’n selfoon- of
elektrisiteit-voorafbetaalrekening,” het hy gesê.

 

“Rekeninghouers sal ingelig word wanneer hul rekenings se balanse laag is,
sodat die rekeninghouer bykomende geld in die rekening kan plaas. Die opsie
is beskikbaar aan enige padgebruiker, met of sonder ’n bankrekening. Die
rekeninghouer sal verskeie opsies hê om die rekening se balans vol te hou,
insluitend internetbankdienste, by ’n kiosk met ’n punt-van-verkope-stelsel
of by ’n OTM,” het Ndebele gesê.

 

“’n Padgebruiker kan ook kies om ’n gewaarborgde na-betalingsrekening op te
stel, waar die tolfooie direk van die rekeninghouer se bankrekening afgetrek
word. Vir hierdie opsie het die rekeninghouer ’n kredietkaart nodig.

 

“As ’n padgebruiker gebruik maak van die Gauteng-hoofweë, waar die konsep
van ooppad-tolfooie geïmplementeer word (dit is waar tolfooie betaal word
sonder om deur enige tolhekke te ry), gaan dit ’n vereiste wees dat
gebruikers rekenings opstel voor hulle die netwerk gebruik, of hulself
identifiseer binne ’n tydperk nadat hulle die netwerk gebruik het.”

 

Die tolstelsel teken elke toltransaksie aan vir elke voertuig wat deur die
elektroniese tolpunte ry en neem teken ook aan of daar ’n elektroniese
uitkenner was en of dit suksesvol gelees is. Dit sal foto’s van voor, agter
en bo die voertuie neem en die dimensies uitwerk van die voertuig om dit as
’n ligte- of swaarvoertuig te klassifiseer.

 

Die inligting wat opgeneem is word dan geprosesseer en daar word dan
vasgestel of dit by die inligting van enige geregistreerde rekening pas.

 

As ’n rekening geïdentifiseer word, dan vind ’n transaksie plaas. As geen
rekening by die inligting pas nie, of as gebruikers nie hulself binne die
tydperk geïdentifiseer het nie, dan sal die volgende stappe gedoen word:

 

– ’n Adres sal vasgestel word wat by die nommerplaat pas met gebruik van die
e-Natis-stelsel. ’n Rekening sal ná 14 dae aan die geregistreerde eienaar
van die voertuig gestuur word, waarna die eienaar 30 dae sal hê om die
uitstaande bedrag te vereffen.

 

– Wanbetaling van die rekening sal veroorsaak dat ’n kennisgewing van
oortreding uitgereik sal word in terme van die Wet op Administratiewe
Beregtiging van Padverkeersmisdrywe (Aarto).

 

– Die wanbetaling van tolfooie, enige boetes en administratiewe fooie ná dit
sal in terme van die Aarto-proses hanteer word.

 

– Alle uitstaande fooie en boetes moet betaal word voor die jaarlikse
voertuiglisensie hernieu kan word.


**********
Dit bericht is verzonden via de informele D66 discussielijst (D66 at nic.surfnet.nl).
Aanmelden: stuur een email naar LISTSERV at nic.surfnet.nl met in het tekstveld alleen: SUBSCRIBE D66 uwvoornaam uwachternaam
Afmelden: stuur een email naar LISTSERV at nic.surfnet.nl met in het tekstveld alleen: SIGNOFF D66
Het on-line archief is te vinden op: http://listserv.surfnet.nl/archives/d66.html
**********



More information about the D66 mailing list